• Monday-Friday: 8:00 - 17:00
  • 018 011 1025 sjrstaalwerke@nwisp.co.za
  • Follow Us
INLIGTING AANGAANDE SJR STAALWERKE

In 2003 is die besigheid SJR Staalwerke gestig deur Jan Haasbroek senior in Lichtenburg Noordwes saam sy twee seuns Jan junior en Sarel Haasbroek. Hy het begin ontwerp en bou aan die Cheeta-pilmasjien omdat hy ontevrede was met ander masjiene. Boere in die omgewing was baie beindrik met die masjien en so het die woord verpsrei en het hy dan ook begin om die masjien te bemark by skoue en boere skou NAMPO. Daarna was besigheid goed op dreef en het hy begin om baalbrekers te ontwerp en te verkoop. In 2011 besluit Jan Haasbroek senior om af te tree en verhuis na Hartenbos in die Kaap. Jan Haasbroek junior neem die besigheid oor en begin met die vervaardiging van 10 ton voer/ontlaai waens, tapkarre, kunsmiskarre, hammermeulens, 2ry 3ry en 4 ry planters, 2 3 en 4 skottelploe√ę, mengers, gifspuite, slashers en sinkdamme met liners.

Wanneer daar nie aan implimente ontwerp of gebou word nie word daar ook staalkonstruksies en store gebou.